Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Moord op plaasbestuurder: Hoe het aanvallers polisiedrag bekom?

"Die Suid-Afrikaanse polisiediens moet ondersoek in te stel na feit dat plaasaanvallers die afgelope naweek in polisiedrag geklee was en met blou ligte toegang tot ‘n plaas verkry het waarna ‘n plaasbestuurder vermoor is," sê Jan van Niekerk, VF Plus-leier in die Vrystaat.

Die VF Plus veroordeel die moord op Boeta Powell (37) van Hoopstad ten sterkste. Sy afsterwe beteken dat ‘n vrou en ‘n kind nou sonder ‘n pa en broodwinner sal wees.

Van Niekerk sê dit is kommerwekkend dat plaasaanvallers nou polisiedrag gebruik om toegang tot plase te kry.

Die VF Plus sal by die Vrystaatse LUR vir polisie, paaie en vervoer daarop aandring dat die soektog na die vyf aanvallers prioriteit geniet en ondersoek ingestel word na hoe die aanvallers die polisieklere en blou ligte bekom het.

"Dit tyd het aangebreek dat die Vrystaatse regering daadwerklike oplossings vir landelike veiligheid bied. Die VF Plus veg reeds lank dat plaasaanvalle tot prioriteitsmisdaad verklaar word om die veiligheidsvakuum in landelike gebiede aan te spreek.

"Die VF Plus verneem die oorledene kon aanvanklik daarin slaag om hom teen die aanval te verweer en een van die aanvallers is tydens die aanval dood. Boere word aangemoedig om als in hul vermoë te doen om hulself teen plaasaanvalle te beskerm.

"Die VF Plus sal aanhou om druk op die regering uit te oefen om plaasaanvalle as prioriteitsmisdaad te beskou en sal sodoende help om terug te slaan teen dié misdaad-euwel.

"Met elke plaasaanval word Suid-Afrika se voedselsekuriteit verder in die gedrang gebring. Suid-Afrika kan nie die aftakelende sosio-ekonomiese effek van plaasaanvalle bekostig nie. Die mense van die land verdien ‘n regering wat almal se veiligheid verseker," sê van Niekerk

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.