fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Minister moet sê waarom die groot afname in die aantal polisiereserviste

Die minister van polisie, Bheki Cele, het in antwoord op ‘n parlementêre vraag bekend gemaak dat daar die afgelope ses jaar ‘n reuse afname in die aantal polisiereserviste was, en die VF Plus sal hom in die parlement vra om antwoorde daaroor te verskaf.

Volgens Cele was die aantal kategorie A-reserviste op 31 Mei 2018 slegs 3 002 teenoor die 17 939 op 31 Mei 2012.

Die aantal kategorie D-reserviste was op 31 Mei 2018 slegs 4 087 teenoor die 32 524 op 31 Mei 2012.

"Die kategorie A en D-reserviste is ‘n foutiewe verwysing aangesien daar sedert 2014 (SAPD Nasionale Instruksie 3 van 2014) slegs kategorie 1- en 2-reserviste is. Volgens hierdie instruksie is kategorie A reserviste, wat operasionele reserviste was, saamgevoeg met die D-kategorie, wat landelike reserviste was, in kategorie 1," sê dr Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

Die aantal reserviste het in dié tyd dus afgeneem van 50 463 tot slegs 7 089. Dit dien as bewys dat die polisie se beroep op die gemeenskap om betrokke te raak en die polisie by te staan met polisiëring, vals is.

"Indien die minister en die polisie ernstig was om ondersteuning van die gemeenskap te kry, sou hulle nie van reserviste ontslae geraak het nie, maar sou daar tewens baie meer gebruik gemaak word van reserviste wat juis uit die gemeenskap kom en daarom ‘n belangrike bydrae kan lewer om misdaad te bekamp.

"Reserviste is vrywilligers wat sonder vergoeding hul tyd opoffer om die polisie by te staan om misdaad in Suid-Afrika te bekamp. Begrotingsredes kan daarom nie as ‘n rede vir die afname aangevoer word nie," sê Groenewald.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.