fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Masilonyana-begroting is onrealisties en onuitvoerbaar

Die Masilonyana-plaaslike munisipaliteit wat onder provinsiale administrasie is, se begroting vir die 2018/19 finansiële jaar laat veel te wense na. Dit blyk dat die finansiële posisie van die munisipaliteit onder leiding van die provinsiale regering versleg het.

"Die begroting is strydig met die bepalings van die munisipale finansiële bestuurswet (MFMA), onrealisties en onuitvoerbaar van aard," sê Koos Pienaar, VF Plus raadslid in die Masilonyana plaaslike munisipaliteit wat Brandfort, Winburg en Theunissen in die Vrystaat bedien.

Volgens die begroting beoog die ANC-beheerde munisipaliteit om 60% van sy debiteure van nagenoeg R600 miljoen in te samel gedurend die komende boekjaar, nadat hy verlede jaar slegs 27% van sy uitstaande debiteure kon invorder.

"Die provinsiale administrasie gee duidelik geen leiding met betrekking tot goeie finansiële bestuursbeginsels nie. Die munisipaliteit het geen historiese en oninbare skulde afgeskryf nie wat ‘n onbetroubare finansiële vooruitskatting vir die munisipaliteit daarstel.

"Die munisipaliteit, wat gereeld onder kragonderbrekings weens uitstaande skuld aan Eskom en wateronderbrekings weens ‘n gebrek aan instandhouding en infrastruktuur gebuk gaan, se salarisrekening is ook onaanvaarbaar hoog. 

"Ten spyte van die hoë salariskostes waarvoor belastingbetalers van Masilonyana moet opdok, maak die munisipaliteit gereeld gebruik van konsultante omdat die amptenare self nie sekere funksies kan verrig nie.

"Die VF Plus kan nie ‘n ondeurdagte begroting wat verkeerde prioriteite vooropstel en onrealisties met betrekking tot die geprojekteerde inkomste is, ondersteun nie," sê Pienaar.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.