fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Maatskaplike ontwikkeling moet gemeenskap bemagtig – nie afhanklik hou nie

"Die departement van maatskaplike ontwikkeling is veronderstel om die broodnodige rol van opheffing en ondersteuning te vervul," sê Tammy Wessels, VF Plus Wetgewerlid in die Vrystaat.

"Die Vrystaatse departement van maatskaplike ontwikkeling onder leiding van LUR Limakatso Mahasa faal egter klaaglik in sy doel," sê Wessels.

Wessels het tydens die deaprtement se begrotingsdebat gewaarsku dat sy begroting vir die volgende mediumtermyn besnoei en sente nou meer as ooit omgedraai sal moet word.

"Daar gedy egter steeds ‘n blatante vermorsing van belastingbetalers se geld as gevolg van wanbestuur, swak beplanning en verkeerde prioriteite," sê sy. 

"Suid-Afrika is besig om in ‘n welsynstaat te ontaard"

 

"Vroeë kinderontwikkeling is een van die belangrikste funksies wat deur die departement vervul moet word. 

 "Die LUR van onderwys en sy departement kan alles in hul vermoë doen om die deurvloeisyfer in sekondêre skole te bevorder, maar as die belangrikste vormingsjare van kinders tussen die ouderdomme van 0 tot 4 jaar nie behoorlik benut word nie, sal kinders nie die mas later in hul skoolloopbane kan opkom nie. 

"Dit is ‘n skande dat die departement steeds slegs ‘n skamele R15 per kind per dag vir 264 dae in ‘n jaar op vroeë kinderontwikkeling bestee, terwyl geld op mislukte projekte wat toegelaat word om jaar na jaar aan te gaan, vermors word.

"Die departement is nie veronderstel om maatskaplike toelaes as sy eerste prioriteit te beskou nie, maar eerder die opheffing en bemagtiging van die gemeenskap om selfvoorsienend te wees. 

"Suid-Afrika is besig om in ‘n welsynstaat te ontaard. Die regerende ANC verkies om hul kiesers afhanklik van hulle te hou sodat hulle die mees kwesbare lede van ons samelewing in verkiesingstyd met hul maatskaplike toelaes kan afdreig in plaas daarvan om ‘n selfonderhoudende, onafhanklike en vooruitstrewende gemeenskap te skep," het Wessels gesê.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.