Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Lesedi-munisipaliteit (Heidelberg) gaan vandeesweek probeer om hul begroting ter tafel te lĂȘ.

Die Lesedi-stadsraad (Devon, Heidelberg, Nigel, Vischkuil) gaan vandeesweek ‘n hernude poging aanwend om sy begroting vir die volgende finansiële jaar goed gekeur te kry.

‘n Beplande begrotingsvergadering is verlede week gekanselleer omdat raadslede nie vroegtydig in kennis gestel is dat ‘n waarnemende burgemeester die vergadering sou bywoon nie.

Die burgemeester van Lesedi, Lerato Maloka, is met kraamverlof.

"Dit is ook jammer dat die waarnemende burgemeester, raadslid Motsepe, die vergadering nie in Engels kon aanspreek nie en die speaker vertaalwerk moes doen," sê Mari Boshoff, VF Plus-raadslid in die Lesedi munisipaliteit.

"Die raad moes ook dringend aandag gee aan ‘n vorige raadsbesluit waar hulle die munisipale bestuurder, op ‘spesiale verlof’ geplaas het.

"‘n Brief van die Gautengse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (COGTA) Uhuru Moila, is voorgelees waarin hy die raad verwys na dissiplinêre regulasies rakende senior bestuurslede soos in die staatskoerant op 21 April 2011 gepubliseer is.

"Raadslede het besluit om eerder die vergadering te verdaag en ‘n volgende vergadering te belê om die begroting van 2018/19 te behandel.

"Die VF Plus eis dat burgemeester haar huis in orde kry in ‘n munisipaliteit wat reeds uitmekaar val," sê Boshoff.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.