fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Koalisie-regering, waarvan die VF Plus deel is, se begroting vir Tshwane-metroraad (Pretoria) is op die toekoms gerig

Die begroting van die Tshwane-metroraad vir die 2018/19 finansiële jaar is nie gemik op korttermyn gewin nie, maar eerder op toekomstige volhoubaarheid.

Awie Erasmus, VF Plus-raadslid en voorsitter van openbare rekeningekomitee in die Tshwane-metroraad, sê die koalisie-regering waarvan die VF Plus deel is, het alles in sy vermoë gedoen om tariewe so laag as moontlik en in lyn met inflasie te hou. Dit was deels moontlik weens die astronomiese besparings van die koalisie-regering,

Die tariewe kan as volg opgesom word:

 

Erasmus sê daar is ook verskeie kortings waarvoor behoeftige inwoners aansoek kan doen, sowel as korting vir pensioenarisse.

Die kapitaalbegroting van R4 miljard sal hoofsaaklik vir die volgende infrastruktuur projekte aangewend word:

 

"Die koalisie-regering sal voortgaan met sy strategie om die bates van die stad behoorlik te onderhou. Hiervoor is R1,6 miljard beskikbaar gestel.

"Die koalisie-regering het reeds uitstekend gevorder met die stabilisering van finansies nadat die ANC-regering die stad byna in bankrotskap in gespandeer het. Tog is daar steeds enorme werk wat gedoen moet word om ‘n positiewe ekonomiese klimaat te skep vir besigheid, asook om dienslewering na die volgende vlak te neem.

"Die begrotingsdebat sal plaasvind op 31 Mei 2018, waar die VF Plus formeel sy standpunt oor belangrike aspekte sal stel," sê Erasmus.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.