fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Kabinet kry F en afgegradeer na ‘rommelstatus’

Die Vryheidsfront Plus het in die evaluering van die ministers vir die 2017-jaar besluit om al die lede van die kabinet ‘n F-druippunt te gee.

Die VF Plus meen dat die afsonderlike ministers as lede van die kabinet, kollektief verantwoordelikheid moet neem vir hoe die land regeer is en nie net skouers kan optrek nie.

"Ramaphosa, as hoof van regeringsake in die Nasionale Vergadering, het geen stappe geneem of aankondigings gemaak wat Zuma meer verantwoordbaar gemaak het aan die wetgewende gesag nie."

“Die kabinet, as uitvoerende gesag, kry nie net ‘n druippunt nie, maar word deur die VF Plus afgradeer tot rommelstatus,” sê Dr Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

Groenewald sê 2017 is gekenmerk deur die onthullings van staatskaping deur die Guptas en die ontwykende antwoorde wat deur pres. Zuma tydens vraesessies gegee is.

“Die adjunkpresident, mnr. Cyril Ramaphosa, as hoof van regeringsake in die Nasionale Vergadering, het geen stappe geneem of aankondigings gemaak wat Zuma meer verantwoordbaar gemaak het aan die wetgewende gesag nie,” sê Groenewald.

Hy sê die verwagting was dat die kabinet, as uitvoerende gesag, kollektief sou optree en Zuma sou aanspreek om respek te toon aan die wetgewende gesag.

"Elke minister het ‘n plig teenoor mekaar en teenoor die mense van Suid-Afrika en hulle het totaal daarin gefaal."

“Niks is egter gedoen nie. Hierdeur het die ministers toegelaat dat een van die steunpilare van demokrasie, naamlik die skeiding van magte, ondermyn word en hulle is daarom net so skuldig soos Zuma.”

Groenewald sê dit geld ook vir die onthullings van staatskaping.

“Die kabinet het kennis geneem hiervan, maar niks gedoen om behoorlik op te tree en stappe aan te kondig oor hoe dit opgelos gaan word nie. Die ergste was dat die minister van staatsveiligheid gepoog het om die getuieleier in een van die ondersoeke na staatskaping om te koop om nie voort te gaan nie.

Groenewald sê lede van die kabinet moes ‘n gesamentlike verklaring uitgereik het om hulle te distansieer van die minister van staatsveiligheid, wat hulle nie gedoen het nie.”

“Ministers moet besef dat hulle as lede van die uitvoerende gesag nie kan skouers optrek en sê dit is nie my departement nie, en daarom is ek nie verantwoordelik daarvoor nie. Elke minister het ‘n plig teenoor mekaar en teenoor die mense van Suid-Afrika en hulle het totaal daarin gefaal,” sê Groenewald.

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.