Die 2018/19 begroting van Merafong-munisipaliteit ( Carletonville, Fochville en Wedela) plaas inwoners onder groter finansiële druk in ‘n dorp waar werksgeleenthede krimp in ‘n sukkelende myn-omgewing.
Dié stadsraad is ook een van die munisipaliteite wat verlede jaar, sonder om gehoor te gee aan waarskuwings deur die tesourie, R50 miljoen belastinggeld by die omstrede VBS Mutual Bank belê het.
Die bank is intussen onder kuratorskap geplaas en vele munisipaliteite in Gauteng is nie seker of hulle enige van hul beleggingsgeld gaan terugkry nie.
"Hierdie geld is juis in Merafong se geval, broodnodig om basiese dienste te lewer te midde ‘n sukkelende ekonomie," sê Ben van der Berg, VF Plus-raadslid in Merafong-munisipaliteit
Van der Berg sê die munisipaliteit word verder onder druk geplaas deur die Blyvooruitsig-myngemeenskap se waterrekening van R4 miljoen per maand.
"Inwoners van die myndorp het twee jaar gelede die hof genader oor basiese watervoorsiening.
"Die hof het in die guns van inwoners uitspraak gelewer.
"‘n Ooreenkoms tussen inwoners en die munisipaliteit om slegs R125 per huishouding per maand te betaal, het gou gesneuwel," sê Van der Berg.
Die tariefverhogings is as volg:
Elektrisiteit: 6.84%
Riool (huishoudelik): 6% tot 9.62% en (besighede) 9.62%
Eiendomsbelasting
"Die munisipaliteit moet meer fokus op dienslewering en om ekonomiese groei te stimuleer in ‘n omgewing waar inwoners swaar gebuk gaan onder finansiële druk," se Van der Berg.