fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Gupta-kloue strek tot in Vrystaatse gesondheidsdepartement

Die VF Plus het vrae aan in 'n vraag aan die LUR vir gesondheid in die Vrystaat gerig aangaande die toekenning van die kontrak aan Mediosa Health. wat glo bande met die Gupta-famlie het.

Volgens mediaberigte bestaan die moontlikheid dat Guptas se staatskaping tot in die Vrystaatse departement van gesondheid strek.  

Die maatskappy Mediosa Heatlh wat ‘n kontrak van drie jaar met die departement aangegaan het om mobiele kliniekeenhede in die Vrystaat te verskaf, het bewese Gupta-bande. 

"Die Guptas se gif strek nie net tot die Vrede-suiwelprojek nie"

 

Daar is verskeie bewerings van ongerymdhede rondom die projek. 

"Die eenhede kos die staat maandeliks miljoene rande vir ‘n funksie wat in elk geval deur staatsklinieke vervul word," sê Tammy Wessels, VF Plus Wetgewerlid in die Vrystaat.

Wessels sê die VF Plus wil van die LUR, Butana Komphela, weet wat die omvang van die kontrak, die kostes daaraan verbonde, die terme en voorwaardes en of die korrekte tenderprosesse gevolg is.

"Die Guptas se gif strek nie net tot die Vrede-suiwelprojek en die provinsiale departement van landbou nie en die VF Plus is verbind daartoe om die Gutpa-plaag in die Vrystaat wortel en tak uit te roei," sê Wessels.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.