Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Grondwethof-uitspraak oor “slaan die boer”-lied nie bevordelik vir nasiebou

"Die bevinding van die Grondwethof dat die woord “Boer” – soos gebruik in ‘n sogenaamde struggle-lied – opsigself nie haatspraak is nie, maar dat dit wel onvanpas kan wees, is ‘n tegniese uitspraak en kan verkeerdelik vertolk word dat die woord vryelik in sulke liedjies gebruik kan word," sê Dr Pieter Groenewald, VF Plis-leier.

Groenewald sê die werklikheid is dat die gebruik van die woord “Boer” gelees moet word binne die konteks van die liedjies waarin dit gebruik word aangesien dit nou reeds sinoniem geraak het met haatspraak in slagspreuke soos “kill the boer, kill the farmer” en “shoot the boer” wat oud-president Jacob Zuma baie sing.

"Suid-Afrika se samelewing is reeds besig om sterk gepolariseer te word"

 

Hy sê die spesifieke lied waarin gesing word “hit the boer” (slaan die boer), kan daarom in hierdie konteks gesien word as aanhitsing tot geweld teen boere, maar dit is ook bekend dat “Boer” in besonder verwys na die Afrikaner.

Die VF Plus sou daarom verwag dat die Grondwethof ‘n sterker uitspraak teen die gebruik van die woord moes lewer, en daarop moes gewys het dat dit moontlik kan lei tot aanstigting tot geweld.

"Die vraag moet ook gevra word of liedjies wat sê “slaan die swartes”, oor dieselfde kam geskeer sal word sou sulke liedjies ontstaan.

"Suid-Afrika se samelewing is reeds besig om sterk gepolariseer te word deur veral rassistiese uitsprake teenoor wittes. Die nou reeds bekende slagspreuk wat lui dat wittes die land se grond gesteel het, en hierdie uitspraak van die Grondwethof, bevorder nie sosiale kohesie in ‘n omgewing waar daar reeds gespanne verhoudinge tussen rasse is nie.

"Dit is jammer dat die Grondwethof ‘n gulde geleentheid verby laat gaan het om te wys dat wittes en veral die Afrikaner, ook slagoffers van rassisme is," sê Groenewald.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.