fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Grondbesetting in Welkom deur VF Plus gestuit

‘n Dreigende grondbesetting in die Flamingopark woongebied in Welkom in die Vrystaat, is gestuit danksy die spoedige optrede van Susan Taljaard, VF Plus-raadslid in die munisipaliteit.

‘n Bekommerde inwoner van Flamingopark het Saterdagoggend vir Taljaard in kennis gestel dat ‘n minibus-taxi ongeveer 20 mense naby Brebnerstraat in die woonbuurt afgelaai het en dat die groep besig was om ‘n stuk munisipale grond te beset.

Taljaard het dadelik die munisipale bestuurder in kennis gestel en op spoedige optrede aangedring aangesien onwettige besettings nie geduld mag word nie.

Die munisipaliteit het die aangeleentheid by die polisie aangemeld en in samewerking met die SAPD en die munisipale polisie is die besetters verwyder. 17 mense is gearresteer.

"Die regerende party maak ondeurdagte opruiende uitsprake en beloftes oor grond om goedkoop politieke punte met die oog op die 2019-verkiesing te wen.  Daarom vind al hoe meer onwettige besettings plaas.

"Die ANC het die deur daarvoor oopgemaak en ander partye, soos die EFF, hits dit verder aan.

"Inwoners moet paraat wees en sulke gevalle dadelik aanmeld," het Taljaard gesê.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.