fbpx
Freedom Front Plus
Freedom Front Plus

Gordhan moet ook skoonmaak by die raad van trustees van Transnet weens groepsgeding

Die VF Plus verwelkom dat Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, besig is om uiteindelik huis skoon te maak by Transnet, maar meer werk wag om die skoonmaakproses deeglik te doen. Daar moet daadwerklik teen korrupte amptenare opgetree word. Amptenare wat bedank het alvorens klagtes van korrupsie en misdrywe ondersoek is, moet steeds vervolg word.

"Die minister moet spoedig ook aandag gee aan Transnet-aangestelde trustees op die Transnet Pensioenfonds (TPF) en die Transnet Tweede Vastevoordeelfonds (TTVVF) wat tans in ‘n groepsgeding gewikkel is en hulle moet vervang word met trustees wat met verantwoordelikheid en goedgunstigheid optree teenoor Transnet se pensioenarisse, sê adv Anton Alberts, VF Plus parlementêre woordvoerder vir vervoer.

"Die VF Plus gaan minister Gordhan binnekort spreek oor ‘n moontlike skikking in die groepsgeding"

"In die laaste weke het die voorsitter van Transnet se direksie, me. Linda Mabaso, sy finansiële hoof en uitvoerende direkteur, mnr. Garry Pita en nog twee nie-uitvoerende direkteure bedank voor ‘n vergadering met die departement van openbare ondernemings.

"Dit is duidelik dat hulle geswig het voor die druk van min. Gordhan se optrede. Hy het skerp kritiek op huidige direksielede gelewer deur te sê onder dié direksie se toesig het Transnet in “ernstige bewerings van blatante korrupsie en staatskaping verstrengel geraak”.

Die leier van die VF Plus, dr. Pieter Groenewald en die voorsitter van die party, adv. Anton Alberts, gaan minister Gordhan binnekort spreek oor ‘n moontlike skikking in die groepsgeding asook oor die skoonmaak van die raad van trustees.

"Die minister sal in besonder gevra word om onmiddellik meer van Transnet se surplus-fondse beskikbaar te stel aan die pensioenarisse as dringende interim finansiële verligting," sê Alberts.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.