Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Genoeg skole sou leerlinge in Gauteng nie gestrand gelaat het nie

16 000 leerlinge in Gauteng sit sonder ‘n heenkome nadat die LUR van onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, Woensdag aangekondig het dat daar nie genoeg plek vir leerders in skole is nie.

Volgens mediaberigte is die 16000 leerlinge nie geplaas nie omrede hierdie aansoekers nie op aanbiedinge van die provinsiale departement gereageer het nie. Alhoewel van hierdie leerlinge betyds aansoek gedoen het, hul nou hul reg verbeur om by die skool van hul keuse geplaas te word.

Die VF Plus in Gauteng beskou hierdie aankondiging as niks anders as ‘n skande en algehele laksheid van Lesufi en sy departement nie. 

"In November 2018 het Lesufi aangekondig dat sy departement sedert 2014, 54 nuwe skole gebou het"

 

"Indien Lesufi die afgelope vyf jaar toegesien het dat genoeg skole in die provinsie gebou word, sou hierdie leerlinge nie nou gestrand gewees net nie. Hierdie is nou die gevolg van verskeie waarskuwings van die VF Plus die afgelope tydperk dat Gauteng se onderwys in ‘n krisis gedompel is en dat ‘n onafhanklike oudit gedoen sal moet word om te bepaal of Lesufi en sy departement wel die hoeveelheid skole opgerig het en dat hulle wel operasioneel is soos waarmee hy gereeld spog," sê Philip van Staden, VF Plus LPW in Gauteng.

"Lesufi moet die blaam dra dat 16000 leerlinge die kans staan om nie ‘n behoorlike opvoeding te kan ontvang nie. Hierdie tragedie is die uitvloeisel van sy konstante politieke inmenging in skole om sy politieke agenda te dryf in plaas daarvan dat hy as LUR sy volle aandag bepaal by die werksaamhede van sy departement en die oprig van genoegsame skole.

"In November 2018 het Lesufi aangekondig dat sy departement sedert 2014, 54 nuwe skole gebou het terwyl hy self in Augustus 2018 gesê het 47 is gebou. Sy departement het in Januarie 2018 gesê dat slegs 42 gebou is.

"Die VF Plus sal aanhou om Lesufi verantwoorbaar te hou vir sy dade en sal nie skroom om hierdie wanpraktyke van hom en sy departement uit te lig nie," sê Van Staden.

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.