fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Flou optrede teen Zuma dui op groot interne verdeeldheid in die ANC

Die ANC se huiwering om kragdadig op te tree om van pres. Jacob Zuma ontslae te raak, dui op groot interne verdeeldheid in die regerende party en vrese van die ANC-leierskap dat die party kan skeur indien daar sterker teen die president opgetree word,” sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Volgens dr. Groenewald is die president wel herroep, maar niemand weet wanneer hy gaan nie.

"Dit is duidelik dat die president weier om toe te gee aan die ANC se versoek om te bedank"

“Die moontlikheid dat pres. Zuma sy sin kan kry om tot ses maande lank as staatshoof aan te bly, is onaanvaarbaar aangesien hy desperaat is en tot enige optrede in staat is wat die land groot skade kan aandoen. Daar is ook geen waarborg dat hy sy woord gestand sal doen en wel sy kantoor na ses maande sal ontruim nie.

“Dit is duidelik dat die president weier om toe te gee aan die ANC se versoek om te bedank. Die parlement sal daarom nou ingespan moet word om teen hom op te tree, moontlik deur ‘n mosie van wantroue.

“Dit is egter belangrik dat die ANC self hierdie mosie bring aangesien die regerende party nie die mosie van ‘n opposisieparty, in hierdie geval die EFF, sal steun nie. Indien die EFF erns daarmee het om van die president ontslae te raak, sal hy sy mosie onttrek.

 “Dit is jammer dat ‘n staatshoof, wat geen geloofwaardigheid meer het nie en wat soveel skade aan menseverhoudinge en die land se ekonomie aangerig het, steeds toegelaat word om aan sy magsposisie vas te klou,” sê dr. Groenewald.

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.