Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Kapitaalbesteding in Midvaal straf getroue belastingbetalers

Die DA-geleide Midvaal-stadsraad (De Deur/Walkerville, Eikenhof, Meyerton, Vaal Marina) bestee toenemend meer fondse uit die munisipaliteit se kapitale begroting in onderpresterende wyke terwyl in sommige gevalle nie ‘n sent bestee word in wyke waar inwoners tradisioneel getroue betalers van dienste en belasting is nie.

"Dit is onregverdig en onaanvaarbaar dat wyke wat aansienlik meer tot die begroting van die munisipaliteit bydra, moet opdok om die nuwe kieserskorps te tevrede te stel," sê Kobus Hoffman, VF Plus-raadslid in Midvaal en onderleier in Gauteng.

"‘n Voorbeeld is wyk 13 (Riversdal) waar belastingbetalers gereeld betaal en steeds geen besteding ontvang het uit die 2018/2019 begroting nie. Dit terwyl daar ‘n enorme infrastruktuur-agterstand in dié wyk bestaan. Hierteenoor is R12,9 miljoen toegeken aan wyk 8 (Sicelo) terwyl dit ‘n onderpresterende, wanbetalende wyk is.

"Van die 2018/2019 kapitale begroting ontvang wyke 2 (Rissiville), 3 (Kookrus en Rothdene), 4 (Boltonwold en Buycelia), 5 (Highbury en Daleside), 7 (Eye of Africa), 9 (Meyerton-sentraal), 12 (Kliprivier-besigheidspark), 13 (Riversdale) en 15 (Henley-on-Klip) ook die minimum of geen besteding nie.

"Dit staan in skrille kontras met wyke soos wyk 8 (Broadlands en Sicelo) en 11 (De Deur) wat eksponensiële begrotingstoedelings geniet terwyl hulle onderpresteer en wanbetaal.

"Die VF Plus is van mening dat die toelaag vir munisipale infrastruktuur eerder vir behuising aangewend moet word en die kapitale begroting vir die opgradering van infrastruktuur waarvan betalende wyke en gebiede voorkeur moet geniet.

"Om stadsrade lewensvatbaar te maak en te hou moet daar eerstens omgesien word na die belange van betalende inwoners. So sal die vaste bron van inkomste ook verseker en beskerm word.

"Die VF Plus glo dit is uiters onbillik teenoor getroue belastingbetalers om die munisipale begroting so ongebalanseerd en onregverdig te bestee,"sê Hoffman.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.