"Geweldskultuur het ‘n alledaagse verskynsel geword en dit maak ‘n normale leefruimte vir Suid-Afrikaners, veral in landelike gebiede, byna onmoontlik," het Jaco Mulder, VF Plus-leier in die Vrystaat, gesê
Mulder se reaksie volg op die moord Saterdagmiddag op die 78-jarige Boet Smal op sy kleinhoewe in Boschfontein, Heidelberg in Gauteng.
Sy lewensmaat, Esther Ackerman Jooste, het tydens die aanval ernstige meswonde opgedoen.
"Die VF Plus doen ‘n beroep op gemeenskappe om ondersteunend tot die SAPD proaktief op te tree deur misdaadintelligensie- en gebeurlikheidsplanne deel van hul daaglikse bestaan te maak.
"Die Gauteng-regering het sy inwoners reeds gefaal en gemeenskappe sal hulself moet beskerm.
"Die ANC-regering moet in 2019 deur ‘n koalisie van opposisiepartye vervang word," sê Mulder.