fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Geweldpleging in Rustenburg onaanvaarbaar

Geweld tussen taxi-bestuurders en vermeende Nigeriese bendes in Rustenburg het ‘n onaanvaarbare punt bereik en dit is tyd dat die regering ingryp aangesien dit wil voorkom of die polisie nie in staat is om dit in bedwang te bring nie, sê De Wet Nel, VF Plus-raadslid in Rustenburg se plaaslike munisipaliteit.

"Ons kan nie bekostig dat ons gemeenskapslede en hul eiendom in gevaar gestel word omdat die polisie blykbaar nie in staat is om wet en orde te handhaaf nie."

 

Volgens Nel het die geweld in die dorp se sentrale sakegebied uitgebreek. Volgens taxi-bestuurders doen die polisie nie hul werk behoorlik nie en daar word beweer dat bendes wat betrokke is by dwelmhandel, mensehandel en ander onwettige bedrywighede, toegelaat word om hul bedrywighede onverstoord voort te sit.

Nel sê daar is ook gerugte dat onskuldige omstanders beseer en privaat eiendom in die skermutselings beskadig is.

“In die huidige uitdagende ekonomiese klimaat word plaaslike sakeondernemings geknou deur die anargie wat tans in Rustenburg heers. Ons kan nie bekostig dat ons gemeenskapslede en hul eiendom in gevaar gestel word omdat die polisie blykbaar nie in staat is om wet en orde te handhaaf nie.

 “Indien die polisie dit inderdaad nie kan doen nie, moet daar op ‘n hoër vlak ingegryp word, maar huidige stand van sake is onaanvaarbaar.” sê Nel.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.