fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Gefrustreerde voertuigeienaars word weggewys by lisensiekantore

Lisensiekantore in verskeie dorpe in Limpopo is rooi in die gesig gelaat omdat hulle nie genoeg gespesifiseerde papier, waarop voertuiglisensies gedruk word, vanaf die provinsie ontvang het nie.

Mense wat die lisensiekantore in Thabazimbi, Vaalwater en selfs Mogalakwena (Potgietersrus) besoek het om dringend hul lisensies te hernu, word daagliks weggewys. Die toedrag van sake beïnvloed ook nuwe voertuigeienaars en veral motorhandelaars wat lisensiëring as ‘n diens aanbied.

"Die VF Plus is by navraag deur die betrokke lisensiekantore meegedeel dat hulle al ‘n geruime tyd te min papier ontvang waarop lisensie-dokumentasie gedruk moet word," sê Marcelle Maritz, VF Plus-leier in Limpopo.

"Voertuigeienaars moet nou van dorp na dorp ry en by verskillende lisensiekantore aandoen om vas te stel of hulle papier beskikbaar het ten einde hul voertuiglisensies te hernu.

"Hierdie is nog ‘n bewys van die regering se onvermoë om noodsaaklike dienste te lewer.

"Die VF Plus sal druk op Limpopo se departement van vervoer plaas om onmiddellik in te gryp en die toestand te normaliseer," sê Maritz.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.