fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Geen plan om Kopanong-krisis aan te spreek nie

Terwyl Kopanong (Trompsburg, Edenburg, Fauresmith, Gariepdam, Philippolis, Reddersburg, Springfontein, Jagersfontein en Bethulie) se inwoners vir nege maande deur watertekorte geteister word, gaan soveel as die helfte van die munisipaliteit se watervoorraad verlore weens lekkasies en swak infrastruktuur.

Die voortslepende watertekorte is as gevolg van die munisipaliteit se wanbetaling van uitstaande skuld aan die waterverskaffer, Bloemwater.

Kopanong skuld Bloemwater tans meer as R240 miljoen. Die munisipale bestuur kan nie verduidelik wat gedoen word om die maandelikse rente op die uitstaande waterskuld van meer as R2 miljoen aan te spreek nie.

Die Kopanong-burgemeester, Xolile Matwa en munisipale bestuurder, Lebohang Moletsane, kon Maandag tydens ‘n openbare rekeningekomiteevergadering in die Vrystaatse wetgewer geen plan voorlê om die munisipaliteit uit sy finansiële verknorsing te red nie.

Die Ouditeur Generaal (OG) het in sy 2016/2017-ouditverslag van die munisipaliteit onder meer die volgende bevind:

Tammy Wessels, VF Plus-wetgerlid in die Vrystaat, sê die ANC-regering se gewoonte om nie teen korrupte en onbevoegde amptenare op te tree nie, is verantwoordelik vir die krisis wat hierdie munisipaliteit beleef.

Die munisipale bestuurder en burgemeester kon nie tydens die vergadering aandui wie verantwoordelik is vir die finansiële krisis waarin die munisipaliteit hom bevind nie.

"Die VF Plus het reeds die voortslepende waterkrisis onder die aandag van die Vrystaatse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Oupa Khoabane, gebring waarna daar tydelike verligting was.

"Knaende provinsiale ingryping is egter nie ‘n oplossing vir die sukkelende munisipaliteit nie. Dit bly Kopanong se verantwoordelikheid om sy hulpbronne en uitstaande skuldlas te bestuur.

"Uit Kopanong en die res van die provinsies se munisipaliteite se finansiële toestand raak dit al meer duidelik dat die ANC nie daarin belangstel om munisipaliteite effektief te bestuur nie, maar dit bloot ag as ‘n werkskeppingsinisiatief wat nie volhoubaar is nie," sê Wessels.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.