fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

BFN-dieretuin: VF Plus lê klag teen burgemeester

Die VF Plus het weens die verwaarloosde toestand van diere in die Bloemfonteinse dieretuin 'n klag van dieremishandeling by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) aanhangig gemaak teen die uitvoerende burgemeester van die Mangaung-metro-munisipaliteit, Olly Mlamleli. 

Die VF Plus het die afgelope naweek die dieretuin besoek en kan mediaberigte bevestig wat daarop dui dat die toestand by die dieretuin aan dieremishandeling grens. Die dieretuin is twee maande gelede reeds gewaarsku dat die toestand nie aanvaarbaar is nie. 

"Dit is kommerwekkend dat die dieretuin, wat reeds jare sloer om na sy nuwe tuiste in Kwaggafontein buite Bloemfontein te skuif, nie meer ‘n veilige vesting vir diere is nie," sê Devar Smit, VF Plus-raadslid in die Mangaung-metromunisipaliteit.

Smit sê diere ly weens die nalatigheid van onbevoegde amptenare en die burgemeester is as politieke hoof verantwoordelik vir die welstand van die metro.

Hy sê dit sluit ook die diere by die dieretuin in wat nie na hulself kan omsien nie"

 Die toestand van die dieretuin volg te midde van Mlamleli en haar amptenare se onlangse aksies om dit skynbaar op te knap en gereelde aankondigings in die raad oor die nuwe dieretuin.

"Dit bly net leë beloftes van nóg ‘n mislukte ANC-projek.

"Terwyl Mlamleli aan die een kant publisiteitsveldtogte loods om haar beeld te poets, is die situasie by die dieretuin ‘n sprekende voorbeeld van haar onbevoegdheid en mislukking as burgemeester.

"Die VF Plus wil toesien dat kundige en bevoegde amptenare aangestel word om die metro beter te bestuur tot voordeel van al sy inwoners. Die tyd het daarom aangebreek dat Bloemfonteiners ‘n duidelike boodskap aan die owerhede stuur dat gebrekkige en swak dienslewering nie meer geduld sal word nie.

"Waar die VF Plus, soos in Tshwane, deel van die veelparty-regerings is, verbeter dienslewering.

"Die ANC-regering faal egter mens en dier," sê Smit.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.