fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Bejaardes in Sonhof se gesondheid ly onder haglike omstandighede waarin hul woon

Bejaarde inwoners van die Sonhof-munisipale woonstelblok in Vereeniging se gesondheid verswak omdat die Emfuleni-munisipaliteit nie gereeld die vullis verwyder nie en jare laas onderhoudswerk aan die gebou gedoen het.

Die meerderheid van bejaardes wat in Sonhof woon, ontvang ‘n karige pensioen.

"Hulle word gedwing om hul eie geld te gebruik om noodsaaklike herstelwerk te doen, veral as daar ‘n water- of rioolpyp bars," sê Christo Smith, VF Plus-raadslid in die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit.

Smith sê bejaardes met longkwale se gesondheid word verder in gevaar gestel deur die muwwerige woonstelmure en vullis wat noodgedwonge aan die brand gesteek moet word omdat dit nie verwyder word nie. 

Daar is ook woonstelle waarvan die geisers vier jaar gelede gebreek het en nog nooit herstel is nie.

"Die Emfuleni-stadsraad het ‘n plig om na sy bejaardes om te sien, veral diegene wat slegs ‘n staatspensioen ontvang.

"Dit is ‘n skande dat die munisipaliteit die woonstelgebou nie onderhou nie.

"Die VF Plus sal aanhou druk op die munisipaliteit uitoefen om te verseker dat bejaardes in die skaduwee van hul lewens met waardigheid behandel word.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.