fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

ANC-regering faal leerders van Suid-Afrika

Die nasionale departement van basiese onderwys en sy provinsiale filiale is besig om die land in sy geheel, maar veral die kinders van die land, te faal.

"Daar is sedert 1994 deur die ANC op leerders geëksperimenteer met verskillende opleidings-filosofieë, soos uitkomsgebaseerde onderrig, wat reuse skade veroorsaak het. Die gevolg is ‘n geslag wat skool verlaat sonder om behoorlik te kan tel, skryf of lees. Dit maak van die hoër slaagsyfers ‘n nasionale grap," het ad. Anton Alberts, VF Plus parlementêre woordvoerder vir onderwys Vrydag tydens die Begrotingstem vir Basiese Onderwys gesê.

"Ongeletterde kinders wat skool verlaat sonder hoop is ‘n nasionale tragedie. Die ANC-regering het die kinders van die land met minagting behandel en die VF Plus hoop die jong mense onthou dit die dag wanneer hulle mag stem.

"’n Verdere tragedie is skrikwekkende swak prestasie-uitkomste, ten spyte van die enorme begroting wat die nasionale- en provinsiale departemente jaarliks ontvang. Die land se vlak van wiskunde- en wetenskap-geletterdheid lê elke jaar op die laagste rangorde in die wêreld.

"Dit is ‘n nasionale skande.

"Wat die skande groter maak is die ANC se openlike aanvalle op Afrikaanse skole en moedertaalonderrig in die naam van toegang terwyl nuwe skole nie gebou word nie, ten spyte van die bestaan van ‘n reuse begroting daarvoor," het Alberts gesê.

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.