fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

ANC-kaders moet in die bek geruk word oor misdadige uitsprake

Die VF Plus het ‘n strafregtelike klag ingedien teen die ANC-raadslid, Sephiri Lephoko, wat na bewering gemeenskapslede ten tyde van ‘n gemeenskapsvergadering Sondag aangemoedig het om grond naby die Meloding-informele nedersetting by Virginia te beset.

Die klag is in ingevolge die Wet op Oproerige Byeenkomste (Wet 17 van 1956) ingedien, aangesien Lephoko na bewering gemeenskapslede aangemoedig het om ‘n misdaad te pleeg. As gevolg van sy beweerde uitsprake het sowat ‘n duisend mense die plaas Christiana, naby Virginia, beset.

Daar is brand gestig op die plaas en sowat 300ha veld het afgebrand voordat die brand in bedwang gebring is.

"Dit blyk ook dat besetters nie daarin belangstel om te boer nie"

 

"Die aanmoediging om privaatgrond te betree en te beset gaan onafwendbaar gepaard met opsetlike saakbeskadiging, openbare geweld en, soos in hierdie geval, ook brandstigting," sê Wouter Wessels, Vrystaatse VF Plus-LP.

"Dit is uiters onverantwoordelik en onaanvaarbaar van ‘n raadslid en ‘n politieke party om enigiemand aan te moedig om misdaad te pleeg. Die gevolge van die roekelose uitsprake van president Cyril Ramaphosa en die ANC moet dringend in die kiem gesmoor word.

"Die ANC se besluit oor onteiening sonder vergoeding vir goedkoop politieke punte met die oog op die komende nasionale verkiesing, het verreikende gevolge. Die massas het nie begrip of geduld met die wetlike proses nie en grondgrype is ‘n onafwendbare gevolg daarvan.

"Dit blyk ook dat besetters nie daarin belangstel om te boer nie, aangesien veld op produktiewe grond aan die brand gesteek is om glo slange en rotte te verjaag ten einde huise te bou. Die werklike probleem is ‘n behuisingkrisis wat voor die deur gelê kan word van die regering se onvermoë om in die basiese behoeftes van Suid-Afrikaners te voorsien.

"Grondbesettings, soos die by Virginia en Wesselsbron die afgelope week, hou uiters skadelike gevolge in vir die landbousektor en uiteindelik die ekonomie van Suid-Afrika. Die onsekerheid wat in landboukringe geskep word, het ‘n direkte impak op produktiwiteit, voedselsekerheid en werksgeleenthede.

"Volgens Statistiek Suid-Afrika se nuutste arbeidsopname was daar reeds ‘n afname van sowat 22% in werksgeleenthede in die landbousektor in die Vrystaat teenoor die vorige kwartaal en die onsekerheid wat deur onwettige besettings geskep word, sal hierdie probleem vererger.

"Die ANC-regering het ‘n gevaarlike situasie geskep wat hulle moeilik sal kan beheer. Dit in die verskuilde vorm van ‘n verkiesingsfoefie, en om die oorhand oor die EFF te kry. Almal in Suid-Afrika gaan daaronder ly," sê Wessels.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.