fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

ANC herhaal foute van die verlede

"Die ANC herhaal die foute van regerings van die verlede wat sosialisme, magsbeheptheid en sondebokpolitiek voorgestaan het en sodoende hul lande se ekonomie en mense vernietig het," se Tammy Wessels, VF Plus LPW in die Vrystaatse Wetgewer.

Wessels het tydens 'n begrotingsposdebat van die Vrystaatse Tesourie Donderdag  in die Vrystaatse wetgewer gesê die Vrystaatse Tesourie probeer teen wil en dank om die ekonomie van die Vrystaat te stimuleer en help groei, maar die LUR en haar span word deur haar eie party se ondeurdagte en onverantwoordelike uitsprake gesaboteer.

"Dit is tyd om terug te slaan teen onderdrukking"

 

"Soos die Sowjet Unie onder Joseph Stalin se beheer jag gemaak het op die kommersiële boere (Kulaks) van Oekraine en Kazakstan en daardeur totale hongersnood veroorsaak het, herhaal die ANC hierdie foute. 

"Die ANC-regering moet ophou om opruiende uitsprake oor grond, eiendom en die onteiening daarvan te maak.  Die uiteinde daarvan sal kommersiële landbou en die ontwikkeling van die sakesektor knoei met die gevolg dat nie net die Vrystaat nie, maar die Suid-Afrikaanse ekonomie onherstelbaar beskadig sal word.

"Die regerende party moet eerder ondersteuning aan kommersiële en opkomende boere verleen en die privaatsektor ondersteun om werkskepping te bevorder.

"Munisipaliteite in die Vrystaat moet reggeruk word.  Die geweldige gebrek aan dienslewering en instandhouding van infrastruktuur het ‘n direkte invloed op die produktiwiteit van die Vrystaat se privaatsektor en nywerhede. Geen pogings om ekonomiese groei te bewerkstellig sal slaag terwyl munisipaliteite in hierdie toestand verkeer nie.

"Dit is tyd om terug te slaan teen die onderdrukking van die ANC en te veg vir ‘n beter bedeling," het Wessels gesê.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.