Dawid Kruiper: VF Plus stap uit raadsvergadering oor dienslewering

Die VF Plus het vanoggend uit 'n raadsvergadering van die Dawid Kruiper-plaaslike munisipaliteit gestap weens' n gebrek aan erns oor dienslewering. Die munisipaliteit, wat Upington, Louisvale, Rietfontein en Mier bedien, wil nie gehoor gee aan moontlike oplossing om diensleweringsprobleme op te los nie. Opposisiepartye het so hul misnoeë met die munisipaliteit se onvermoë of onwilligheid […]
MRK-ondersoek na Dawid Kruiper-munisipaliteit toon goeie vordering

Die menseregtekommissie (MRK) se ondersoek na die Dawid Kruiper-plaaslike munisipaliteit (Upington, Mier, Rietfontein, Louisvale) se onvermoë om voldoende drinkwater te verskaf, toon goeie vordering. Die VF Plus het op 15 Februarie vanjaar ‘n klag hieroor by die MRK teen Eskom ingedien. Mnr. Anthony Wyngaard, ‘n senior regsbeampte van die MRK, het vandag bevestig dat verskeie […]
Dawid Kruiper: VF Plus dien klag in by MRK oor geen krag, geen water

Die Dawid Kruiper-plaaslike munisipaliteit (Upington, Mier, Rietfontein, Louisvale), het weereens tydens beurtkrag min of geen drinkwater nie. Die VF Plus het om hierdie rede gister, 15 Februarie, 'n klag my die menseregtekommissie (MRK) teen Eskom ingedien. In die klag word versoek dat alle watervoorsieningsaanlegte in die Dawid Kruiper-munisipale gebied permanent van beurtkrag vrygestel word. Gedurende […]
VF Plus teken protes aan teen Dawid Kruiper-munisipaliteit wat Upington toerisme-inkomste ontneem

Die VF Plus en die gemeenskap van Upington het aan ‘n protesoptog in dié dorp deelgeneem oor die ANC-beheerde Dawid Kruiper-plaaslike munisipaliteit se kortsigtige besluite wat Upington ‘n broodnodige ekonomiese inspuiting uit toerisme ontneem. Die Dawid Kruiper munisipaliteit bedien Mier, Rietfontein en Upington. Tydens 'n onlangse raadsvergadering het die ANC slegs een moontlike huurder vir […]
Upington se water: Toetsing van kraanwater toon tans geen gevaarlike besmetting nie

Die uitslag van watertoetse in die Dawid Kruiper-plaaslike munisipaliteit (Mier, Rietfontein, Upington, Louisvale en omgewing) wat die VF Plus verlede week by 'n nasionale patologiese laboratorium laat doen het, wys dat die getoetste monsters kraanwater gedrink kan word sonder vrees vir bakteriese besmetting. Die toetse wys Upington se kraanwater bevat 'n Coliform bakteriese telling van […]