fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Setsoto-burgemeester uit sy amp verwyder – VF Plus speel deurslaggewende rol

Die VF Plus se voorstel om die mosie van wantroue teen Komane Koalane, uitvoerende burgemeester van die Setsoto-plaaslike munisipaliteit (Ficksburg, Senekal, Marquard, Clocolan), per geheime stemming te laat plaasvind, het ‘n deurslaggewende rol in sy uiteindelike verwydering gespeel.

Die mosie van wantroue is deur die meerderheid raadslede gesteun en het daartoe gelei dat Koalane uit sy amp verwyder is.

Die mosie van wantroue is in die beste belang van inwoners, aangesien dienslewering en goeie munisipale bestuur die afgelope jare in Setsoto drasties verswak het onder Koalane se leierskap.

Die VF Plus verwelkom die feit dat die meeste raadslede oor partypolitieke-grense heen volgens hul gewete gestem het om die burgemeester te verwyder en beskou dit as ‘n oorwinning vir die inwoners van Setsoto.

Koalane het onder meer onlangs opdrag gegee dat ‘n advertensiebord ter waarde van sowat R198 000 opgerig word waarop hy kort voor die munisipale verkiesing gepromoveer word.

Benewens die boodskap om vir dienste te betaal, bevat die advertensie ook ‘n boodskap aan padgebruikers om veilig te reis en veilig te bly tydens die Covid-19-pandemie. Die advertensiebord sou dus na die afloop van die pandemie irrelevant wees en vervang moes word.

Hierdie bord is egter nou vroeër tot niet weens sy verwydering.

Die posisie waarin die munisipaliteit hom bevind, kan suiwer aan die tekort aan leierskap toegeskryf word en daarom moet die politieke leierskap verantwoordbaar gehou word.

Alle inwoners verdien ‘n beter plaaslike regering. Die VF Plus het daarom hierdie mosie van wantroue gesteun en sal aanhou veg vir ‘n beter bestuurde munisipaliteit in belang van die gemeenskap.

Demokrasie het vandag uiteindelik in belang van die inwoners van Setsoto geseëvier.

Navrae: 078 646 1289

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.