fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Nog ‘n plaasmoord naby Secunda skok

Die sinnelose geweld teen ons land se boere is weer die naweek tot ‘n spits gedryf toe nog ‘n boer, “Kort” Hans Meyer, koelbloedig op sy plaas naby Charl Cilliers, ‘n dorpie naby Secunda in Mpumalanga, vermoor is.

Hierdie vorm van geweld teen ons land se voedselvoorsieners het lankal handuit geruk en dit is tyd om plaasaanvalle en –moorde tot prioriteitsmisdaad te verklaar.

Drie gewapende mans het Meyer se plaas betree en eers sy honde en toe vir hom koelbloedig doodgeskiet. Die rowers het met selfone, wapens en Meyer se voertuig gevlug. Sy vrou het die aanval oorleef.

Dit is barbaars om ‘n persoon se woning en privaatheid binne te dring, sy eiendom te steel, sy gesin se lewens in gevaar te stel en uiteindelik sy lewe te neem. Ons land gaan gebuk onder ‘n reuse geweldsprobleem.

Die bedreiging wat dit vir ons boere en uiteindelik die voedselsekuriteit van die land inhou, is reusagtig en kan nie langer geïgnoreer word nie.

Die VF Plus wil hiermee sy innige meegevoel met die Meyer-gesin, -familie en vriende betuig. Ons gebede vir troos en versterking is met hulle.

 

Kontakbesonderhede: 082 795 8895

 

 

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.