fbpx
Freedom Front Plus
Freedom Front Plus

Mogale City-koalisie terugslag – ANC-konkelwerk moet herstel word

Die DA-, VF Plus-, IVP-koalisie in die Mogale City-stadsraad te Krugersdorp, wat sedert Augustus 2016 gesteun word deur die EFF, is vandag tot ‘n val gebring nadat die ANC speaker, Patrick Lipudi, op omstrede wyse buite die raad se ordereëls, ‘n mosie van wantroue in die uitvoerende burgemeester Michael Hollenstein per geslote stembrief tot stemming gebring het.

Lipudi het die afgelope maande herhaaldelik die stadsraad se werksprogram belemmer deur op outoritêre wyse eensydig besluite op die raad af te forseer. Die LUR vir plaaslike regering in Gauteng, Paul Mashatile, het ten spyte van gesprekke en klagtes oor tyd versuim om teen die speaker op te tree.

VF Plus-raadslede Tjaart Steenkamp en Amanda de Lange het beide hul onderneming aan die kiesers van Krugersdorp gegee om als in die stryd te werp om die status quo te herstel.

“Die VF Plus gaan as deel van die koalisie op ‘n dringende basis aksie neem teen die onregmatige optrede van die ANC-speaker om die mandaat, wat demokraties deur die kieserspubliek verleen is, so spoedig moontlik te herstel.

“Die koalisielid wat vandag die ANC-speaker se onreëlmatighede gesteun het, moet aan die kaak gestel word omdat die gebeure die toekoms van enige koalisie in Suid-Afrika in gedrang kan bring, het Jaco Mulder, VF Plus-provinsiale leier vir Gauteng, gesê.

 

Kontaknommers: 082 466 3786 / 071 604 9498 / 082 806 7891

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Matlosana Ward 17

Chandré de bruyn YOUR CANDIDATE FOR WARD 17 11 october 2023 BY-ELECTION MATLOSANA WARD 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Service delivery is deteriorating and the DA

READ MORE

Matlosana Ward 16

LEE-ANN SCOTT YOUR CANDIDATE FOR WARD 16 11 OCTOBER 2023 BY-ELECTION WARD 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Service delivery is deteriorating and the

READ MORE

Lekwa Ward 4

Hillel Coetzer YOUR CANDIDATE FOR WARD 4 25 October 2023 BY-ELECTION WARD 4 Meyerville | TLC | Industrial On voting day, you can keep your

READ MORE
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.