fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Midvaal-brandweerman rand glo GPF-lid aan

Die VF Plus is geskok oor die beweerde aanranding van ‘n GPF-lid van Walkerfruit farms deur ‘n brandweerman van die Midvaal-munisipaliteit.

Die insident het glo by ‘n ongelukstoneel op 24 Julie vanjaar plaasgevind. Die lid is met die vuis geslaan en het ernstige beserings opgedoen.

Die lid het glo foto’s van voertuie, wat in die ongeluk betrokke was, geneem. Hy het dit in opdrag van sy direkte hoof gedoen.

Die VF Plus is bekommerd omdat die Midvaal-stadsraad nog nie teen die beskuldigde opgetree het nie. Die party vra ook vir die onmiddellike skorsing van die brandweerman waarna die munisipaliteit die beseerde se mediese onkostes moet vereffen.

Dit is onrusbarend dat die Midvaal-stadsraad minagtend optree teen GPF-lede wat gereeld die munisipaliteit help met beveiliging en ondersteuning verleen by ongelukstonele. Daar is toenemend meer van dieselfde voorvalle waar amptenare hulle aan dié tipe gedrag skuldig maak.

Dit wil voorkom of daar ‘n groeiende meerderwaardigheidskompleks pos gevat het onder amptenare en raadslede van die Midvaal-stadsraad.

Die VF Plus veroordeel die aanranding van die GPF-lid ten sterkste en sal seker maak dat geregtigheid geskied.

Kontaknommer: 071 640 7283

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.