fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Meer moet gedoen word om aanvalle op mense in en om Kaapstad te keer

Die groot toename in aanvalle op stappers, strandgangers en fietsryers in en om Kaapstad is uiters onrusbarend en die VF Plus doen ‘n beroep op die polisie en stadsowerhede om veral bekende gevaargebiede te beveilig, sê Erika Botha-Rossouw, VF Plus-raadslid vir die Stad Kaapstad.

Botha-Rossouw sê veral die ernstige aard van die aanvalle is kommerwekkend en verskeie van die slagoffers het getuig dat dit wou voorkom asof die aanvallers nie daarin belang gestel het om te roof nie, maar bloot om hul slagoffers ernstige leed aan te doen of te vermoor.

Net die afgelope naweek was daar twee ernstige aanvalle. In een daarvan is nege stappers op die Silwermyn-roete naby Vishoek deur twee mans met messe aangeval. Van die stappers is ernstig beseer.

Twee Britte, mnr. en mev. Don en Yvonne Cormack, was onder die slagoffers. Mnr. Cormack is nege keer gesteek terwyl mev. Cormack in die kop en arm gesteek is.

In ‘n ander voorval is vyf fietsryers ook deur twee mans met klippe en messe op die Helshoogte-pas naby Stellenbosch aangeval. Van die ryers is beseer. Verskeie ander voorvalle op Tafelberg en omliggende strande is die afgelope maand aangemeld. Van die slagoffers is ernstig beseer.

Botha-Rossouw sê dit is duidelik dat die aanvalle besig is om buite beheer toe te neem en dat die owerhede nie genoeg doen om mense te beveilig nie.

“Die Stad Kaapstad moet in samewerking met die polisie optree om ‘n plan van aksie te beraam om mense te beveilig. Dit is onaanvaarbaar dat mense wat juis wil ontspan en die Kaap se natuurskoon wil geniet, nou die teikens van wrede aanvalle word.

“Die VF Plus hoop nie iemand moet eers sterf voordat daar daadwerklik opgetree word nie,” sê Botha Rossouw.

Kontaknommers: 072 195 6581 / 065 801 7216

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.