fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Mangaung nie besorg oor dienslewering – stel eerder nog amptenare aan teen meer as R10 miljoen per jaar

Die ANC-regering in die Mangaung-metro (Bloemfontein, Dewetsdorp, Soutpan, Van Stadensrus, Wepener) gaan vanjaar verdere druk op belastingbetalers plaas met die aanstelling van agt amptenare wie se salarisse meer as R10 miljoen per jaar gaan beloop.

Die VF Plus maak ten sterkte beswaar teen hierdie buitensporige vergoedingspakkette wat in plaaslike koerante geadverteer is.

Dié poste is in die kantore van die burgemeester, adjunk-burgemeester, speaker, hoofsweep en voorsitter van die openbare rekeningekomitee.

Van die aanstellings sluit in die hoof van personeel (R1,3 miljoen per jaar) vir die burgemeester, kantoorbestuurders (R1,2 miljoen per jaar) vir die hoofsweep, speaker en adjunk-burgemeester, sowel as ‘n spesiale raadgewer (R1,1 miljoen per jaar) vir die burgermeester.

Aanstellings soos ‘n raadgewer is onnodig aangesien die hoof van personeel in die burgemeesterskantoor hierdie rol kan vervul.

Hierdie verdubbeling van pligte veroorsaak dat die inwoners van Mangaung oor die volgende vyf jaar meer as R50 miljoen aan ANC-kaders gaan betaal aangesien daar reeds amptenare is wat die werk kan doen.

Die posvlakke met die gepaardgaande pligte, kwalifikasies en ervaring, regverdig nie hierdie salarisse nie.

In ag genome dat die metro onder nasionale intervensie geplaas is en hierdie aanstellings nie finansiële herstel bevorder nie, gaan die VF Plus die nasionale minister van finansies versoek om ondersoek in te stel na die aangeleentheid voordat enige aanstellings gemaak word.

Die VF Plus het dit tydens vandag se spesiale raadsvergadering duidelik gestel dat die inwoners van Mangaung benadeel gaan word deur die aanstellings.

‘n Bankrot metro kan nie geld op hierdie wyse onnodig vermors nie.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.