fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

JB Marks-begroting verwerp weens gebrekkige prioritisering van kerndienste

Die VF Plus het die ANC-beheerde JB Marks-plaaslike munisipaliteit wat Potchefstroom en Ventersdorp bedien, se jaarlike begroting teengestaan.

Die raad het tot stemming gegaan oor die begroting nadat die speaker, Rose Dassie, die VF Plus se besware oor die onreëlmatige begrotingsprosedure verwerp het.

Raadslede het eers tydens die vergadering insae gekry tot belangrike begrotingsdokumente en is nie die geleentheid gegun om dit behoorlik te bestudeer om ingeligte insette te lewer nie.

Wat wel duidelik uit die begroting blyk, is dat die munisipaliteit steeds geen planne het om sy interne diensleweringsvermoë op standaard te kry nie.

Die VF Plus en die Noordwes se provinsiale tesourie al by herhaling daarop gewys dat munisipale fondse oordeelkundig aangewend moet word met die prioritisering van kritieke infrastruktuur en die herstel van die munisipaliteit se interne vermoë om kwaliteit dienste te lewer.

ʼn Bedrag van R250 miljoen word steeds begroot vir die aanstel van soms onbevoegde kontrakteurs en ANC-tenderpreneurs.

In stede daarvan kan betaalde munisipale tegnici en ambagsmanne eerder behoorlik toegerus word om hul werk te doen.

Die munisipale voertuigvloot, vanaf motorvoertuie tot grondverskuiwingsmasjinerie, staan byvoorbeeld en verval weens onder meer ʼn beweerde gebrek aan fondse vir onderdele.

Die herstel van die voertuie word vir jare reeds ten duurste uitgekontrakteer.

Intussen moet inwoners en gemeenskapsorganisasies gereeld self inspring om kritieke infrastruktuur soos paaie en strate te herstel. Woonbuurte soos Miederpark word reeds vir jare in stank gehul weens ʼn rioolpompstasie wat nie herstel word nie, ook weens ʼn beweerde gebrek aan fondse.

Die gevolglike gesondheidsgevare vir inwoners en die grootskaalse besoedeling van die Mooirivier word bloot deur die ANC-beheerde munisipaliteit geïgnoreer.

Hierdie soort laksheid het reeds gelei tot die uitbreking van cholera en sterftes in ander munisipale gebiede. Dít terwyl nuwe pompe vir minder as R1,3 miljoen aangekoop kan word. Dit is ʼn absolute skande.

Die ANC se begrotingsprioriteite in JB Marks vir die nuwe finansiële jaar weerspieël die ANC se diep gewortelde kultuur van selfverryking ten koste van plaaslike belastingbetalers.

Die inwoners van Potchefstroom en Ventersdorp verdien beter as die ANC.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.