fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Het Bloemfontein se naam verander?

“Het Bloemfontein se naam verander?” vra talle ontstelde inwoners na aanleiding van die Afrika-nasies sokkertoernooi se plakkate wat die gasheerstede as Kaapstad, Mangaung en Polokwane aandui (sien aangehegte foto).

Bloemfontein, as een van die hoofstede van Suid-Afrika, se naam het historiese en kulturele waarde. Die stad se naam is nie amptelik verander nie. Daar was ’n kompromie-ooreenkoms wat die stad se naam behoue laat bly het terwyl die munisipaliteit Mangaung geword het. Hiermee is ’n wen-wen oplossing gevind wat alle partye tevrede gestel het.

Dit is dus onaanvaarbaar dat die stad Bloemfontein in die plakkate en aankondigings as Mangaung, die munisipaliteit, geïdentifiseer word. Hierdie gebruik van die naam Mangaung is ’n subtiele wyse waarop daar onregmatig gepoog word om geleidelik van die naam Bloemfontein ontslae te raak. Dit belemmer die oorspronklike ooreenkoms wat bepaal dat die groter munisipale area se naam Mangaung is en die stad se naam Bloemfontein bly.

Die Vryheidsfront Plus was te vinde vir hierdie kompromie-ooreenkoms en glo dat dit terwille van al die inwoners deurlopend in die praktyk in stand gehou moet word. ’n Nuwe of net subtiele verandering van Bloemfontein se naam is onnodig, onsensitief en sal kwaadwillig wees.

 

082 674 6670

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.