fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Herlewing van reëls- en etiekkomitee in Modimolle/Mookgophong ‘n stap in die regte rigting

Die onlangse herlewing van die reëls- en etiekkomitee in die Modimolle/Mookgophong-plaaslike munisipaliteit (Nylstroom, Alma, Vaalwater, Naboomspruit, Roedtan) is ’n stap in die regte rigting.

Die komitee bestaan reeds baie jare, maar het nog nooit behoorlik gefunksioneer nie.

Op 7 September het die komitee ‘n vergadering gehou onder voorsitterskap van mnr. Phaswana Manaka, en was daar vir die eerste keer die jaar ‘n kworum. Die vorige vergadering wat in Februarie 2022 plaasgevind het, kon nie voortgaan nie omdat daar net drie raadslede opgedaag het.

Vir die eerste keer is die behoorlike prosedures en besprekings ook gevolg.

Tot onlangs het die komitee net in naam bestaan, maar is nou doelgerig om raadslede en amptenare aanspreeklik te hou vir enige onbehoorlike gedrag insluitend korrupsie en die wanbesteding van belastinggeld.

Die komitee is onder meer verantwoordelik om:
• munisipale programme in plek te stel en te bevorder
• die etiese gedrag van amptenary en raadslede te bevorder; en
• om enige onbehoorlike/korrupte sake en klagte(s) te ondersoek.

Die VF Plus is verheug om te sien dat daar werklik belangstelling is om deel te neem in die stryd teen korrupsie, vermorsing van geld en swak dienslewering in Modimolle/Mookgophong.

Die komitee se volgende vergadering is geskeduleer vir 14 September en die VF Plus sien daarna uit om die ontwikkelinge te monitor en aktief deel te neem.

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.