fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Diensleweringstaking in Randfontein lei tot groot skade

Stakers wat by die diensleweringstaking in Randfontein betrokke is, besef nie die omvang van skade wat hulle aanrig nie.

Die Randwest-munisipaliteit het reeds groot finansiële probleme wat duidelik in die twee dorpe sigbaar is. Die paaie is vol slaggate, die gras langs paaie word selde gesny, baie straatligte is buite werking en staatsgeboue word nie onderhou nie.

Geweld wat gisteroggend vroeg uitgebreek het, het die polisie genoodsaak om die R28 tussen Randfontein en Westonaria te sluit omdat stakers motors met klippe bestook het. Die meer as 1000 stakers het ook vragmotors en konstruksie-masjinerie aan die brand gesteek.

Dit is jammer dat stakers hul woede tot die polisiestasie in Mohlakeng gewend het en private voertuie asook polisiegeboue beskadig het. Selfs ‘n polisieman is in die proses beseer.

Die VF Plus is dankbaar dat die polisie in uiters gevaarlike omstandighede daarin geslaag het om 16 mense in hegtenis te neem en die situasie onder beheer te bring.

Hierdie onwettige optrede kan nie langer geduld word nie.

 

Kontaknommer: 082 565 2336

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.