Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

ANC wys dat niks hom sal keer op pad na onteiening sonder vergoeding

Die VF Plus neem kennis daarvan dat die parlementêre portefeuljekomitee op openbare werke vandag in die parlement die Wysingswetsontwerp op Onteiening onttrek het.

Die rede vir die onttrekking is om die proses van onteiening sonder vergoeding te bespoedig deurdat die proses vereis dat wanneer die Grondwet gewysig word, die wysiging deur gewone wetgewing moet geskied.

Dit is dus duidelik dat die ANC hom nie van stryk laat bring deur berade en voorstelle van die landbousektor oor hoe om grondhervorming te versnel nie, en dat hy eensydig voortgaan om die Grondwet te wysig om voorsiening te maak vir onteiening sonder vergoeding

De ANC mislei die publiek en landbou-organisasies deur voor te gee dat hy planne en voorstelle om grondhervorming te versnel verwelkom, en sodoende wek hy die indruk dat hy nie sal voortgaan met onteiening sonder vergoeding nie.

Hierdie onttrekking deur die portefeuljekomitee van die wetsontwerp wat al in 2015 opgestel is, dien as duidelike bewys dat die ANC die Grondwet sal wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak en om Suid-Afrika sodoende op ‘n vernietigingspad te plaas wat sal eindig in ‘n Zimbabwe-situasie.

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.