fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

ANC se blatante leuens in Mogale City-raad kan nie langer geduld word nie

Die ANC-beheerde Mogale City-stadsraad (Krugersdorp, Magaliesburg, Muldersdrift) se blatante leuens aan opposisiepartye oor finansiële agteruitgang is die direkte gevolg van die waterkrisis op die dorp.

Die raad was oneerlik in sy verduideliking verlede Vrydag gedurende ‘n spesiale raadsvergadering toe ‘n aansoek vir ‘n oortrokke fasiliteit van nagenoeg R100 miljoen voor die raad gedien het.

Die burgemeesterskomiteelid vir finansies, Norman Sedumedi, het tydens die raadsvergadering verduidelik dat die lening dringend is en slegs as oorbruggingsfinansiering sal dien. Hy het benadruk dat die raad finansieel gesond is.

Na verskeie raadslede oor die dorp se wateronderbrekings op die raadslede se sms-groep navraag gedoen het, was die reaksie “Water supply is very low from Rand Water side and is affecting some of our areas. The team will continue to investigate.”

Krugersdorp se inwoners is weereens die slagoffers van die stadsraad se totale onvermoë om te bestuur.

Die gevestigde belange van skole, hospitale, winkelsentrums en huishoudings met en sonder voorafbetaalde watermeters word hierdeur benadeel terwyl die raad omstrede ontwikkelings goedkeur soos die Brickvale-ontwikkeling by Tarlton waar 6700 huise gebou word.

Die VF Plus gaan nie toekyk hoe Krugersdorp vernietig word nie en gaan op ‘n dringende basis ‘n aksie loods om die wanadministrasie van die ANC-beheerde stadsraad te stop.

 

Kontaknommer: 082 806 7891

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.