fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Mantashe se uitlatings oor 12 000 hektaar-plafon vir plase wys ANC se gevaarlike onkunde oor grond

Gwede Mantashe, voorsitter van die ANC, se uitlating dat wit boere se plase beperk moet word tot 12 000 hektaar en die res sonder vergoeding onteien en aan swartes gegee moet word, dien as bewys van die gevaarlike onkunde en die onrealistiese hantering van grond deur die ANC.

"Die realiteit is dat ‘n boer in die Karoo skaars kan oorleef met 12 000 hektaar terwyl 100 hektaar in ‘n vrugbare omgewing waarskynlik dieselfde produksie kan lewer," sê Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

"Die bontpratery van die ANC skep net verdere verwarring"

 

Groenewald sê Mantashe se uitlating Dinsdag is ondeurdag en wys dat die ANC self nie weet hoe om onteiening sonder vergoeding te implementeer nie.

"Dié party gryp nou na grashalms om sy populistiese siening te bevorder deur onrealistiese verwagtinge by sy ondersteuners te skep.

"Dit is noodsaaklik dat hierdie beleid van die ANC openbaar gemaak word sodat veral grondeienaars groter sekerheid kan kry oor wat hulle te wagte kan wees.

"Die gereelde uitsprake deur senior ANC-lede dat Artikel 25 van die Grondwet reeds voorsiening maak vir onteiening sonder vergoeding, maar dat sy leiers dit duideliker wil uitspel met hul gevaarlike uitsprake, is misleidend aangesien die artikel wel voorsiening maak vir onteiening onder markwaarde, maar gewis nie sonder vergoeding nie.

"Hierdie bontpratery van die ANC skep net verdere verwarring, en dit lei tot onsekerheid en onnodige spanning.

"Dit is in belang van almal in Suid-Afrika dat die ANC se planne so gou moontlik volledig bekend gemaak moet word, en die VF Plus sal druk op die regering plaas, ook deur die parlementêre prosesse, om dit wel te doen.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.