fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Manamela wil ook nou vervolging ontduik

Die bedanking van Makgabo Manamela, geskorste direkteur van die Gautengse departement van gesondheid, skaars vier en twintig uur na die bedanking van die departementshoof, Barney Selebano, is ‘n bewys dat daar nou van die sinkende skip afgespring word om verdere vervolging te probeer vermy, sê Philip van Staden, VF Plus-LPW in die Gautengse wetgewer.

Die VF Plus het dit reeds baie duidelik gestel dat Selebano nie vervolging gaan vryspring nie.

Manamela moet haar ook staal vir verdere vervolging. Die VF Plus sal toesien dat almal wat ‘n aandeel in die Esidimeni-tragedie gehad het, vervolg sal word.

Die Gautengse premier, David Makhura, moet nog Manamela se bedanking aanvaar en sal dit heelwaarskynlik goedkeur nadat hy reeds Selebano se bedanking aanvaar het. Indien die premier die bedankings sou aanvaar, bevestig dit die VF Plus se standpunt dat die premier hierdie saak wil toesmeer.

Dit sal ook beteken dat die VF Plus geen ander keuse het as om die premier ook te laat vervolg nie.

Manamela was betrek by die uitreiking van lisensies aan die onwettige nie-regeringsorganisasies om psigiatriese pasiënte te akkommodeer. Sy het onder andere ‘n lisensie aan Kalafong House uitgereik.

 Die VF Plus het die hoop uitgespreek dat die premier nie bedankings sal aanvaar alvorens die arbitrasieverhoor verby is nie. Die VF Plus is van mening dat hierdie beskuldigdes nou bedank om vervolging vry te spring.

Dit gaan egter nie so maklik wees nie want hulle sal verder vervolg word.

Hierdie bedankings binne vier en twintig uur dek ook die tafel vir die voormalige LUR, Qedani Mahlangu, om nie op te daag vanaf Londen vir haar ondervraging by die verhoor met die hervatting later in Januarie nie.

Die jongste gaan veroorsaak dat Mahlangu nooit gaan terugkeer nie en skotvry van hierdie misdade gaan wegstap,” sê Van Staden.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.