fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Lesufi se “agterstallige werk” veroorsaak wrywing in Gauteng

Die LUR vir onderwys in Gauteng, mnr. Panyaza Lesufi, se “agterstallige werk” is besig om onnodige wrywing in die provinsie tussen die Gautengse departement van onderwys en skole in die provinsie te veroorsaak.

Die LUR is in Mei 2016 deur die Grondwethof gelas om toe te sien dat nuwe voedingsgebiede vir skole in Gauteng, in oorleg met elke skool in die provinsie, aangewys moet word.

Hierdie opdrag is gegee in die uitspraak in die saak tussen die LUR en die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrika (Fedsas).  Alhoewel die departement twee jaar tyd gehad het om hierdie proses af te handel, is skole eers die afgelope twee weke daaroor ingelig. Skole word egter nou net een maand gegun om kommentaar op die nuwe voedingsgebiede te lewer.

"Die VF Plus in Gauteng betreur hierdie jongste aksie van mnr. Lesufi en wys daarop dat die VF Plus reeds minder as drie maande gelede gewaarsku het dat Lesufi se verkiesing as adjunk-voorsitter van die ANC in Gauteng gaan veroorsaak dat daar ‘n swaar tyd vir skole in Gauteng voorlê," sê Philip van Staden, VF Plus-LPW in die Gautengse wetgewer.

"Lesufi se volle aandag is reeds nie meer by sy werk as LUR nie en sy verdeelde aandag het nou hierdie penarie veroorsaak.Sy aandag is nou hoofsaaklik op die politiek in die provinsie gerig en nie op sy departement nie.

"Die VF Plus beskou Lesufi se jongste optrede as onregverdig, ongenaakbaar en selfsugtig. Indien hy hierdie nuwe voedingsgebiede sonder behoorlike konsultasie met alle skole gaan afdwing, gaan dit die finale spyker in die Gautengse departement van onderwys se doodskis wees en gaan daar chaos onder skole in Gauteng losbars," sê Van Staden.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.