fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Grondhervorming: Fokus eerder op oordrag van staatsgrond en ontwikkeling van swart boere

Deurdat grondeisers tot nou toe feitlik deur die bank nie in grond belang gestel het nie maar eerder in geld, het die staat self in besit gekom van feitlik al die grond wat sedert 1994 in die grondhervormingsproses oorgedra is, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Van die 7% wat wel grond verkies het, het 90% totaal misluk.

Dr. Groenewald sê die vraag is dus waarom hierdie grond, wat reeds in staatsbesit is, nie voortaan in die grondhervormingsproses gebruik kan word nie aangesien dit enige sprake van onteiening sonder vergoeding, soos nou deur mnr. Cyril Ramaphosa, leier van die ANC in die vooruitsig gestel word, onnodig sou maak.

"Van die 7% wat wel grond verkies het, het 90% totaal misluk"

 

Dr. Groenewald verwelkom die erkenning van Ramaphosa dat die meeste van die landbougrond wat tot dusver oorgedra is “braak lê en nie bewerk word nie”. Hy sê dit is een van die grootste probleemareas rakende grondhervorming waarop mnr. Ramaphosa en die regering eerder moet fokus.

Antwoorde op parlementêre vrae van dr. Groenewald toon aan dat slegs een persent van die grond wat die regering deur grondhervorming verkry het, deur wettige eienaarskap aan ‘n eiser oorgedra is.

In 93% van alle suksesvolle eise het die eisers nie grond verkies nie, maar geld. Dit beteken dat die totale proses tot nou byna dubbel soveel gekos het as wat dit moes kos aangesien die grondeienaar betaal moes word, en daarna ook die eiser. In effek raak die staat sodoende ook die eienaar van die grond.

Van die 7% wat wel grond verkies het, het 90% totaal misluk. Slegs een uit tien kommersiële plase wat deur grondhervorming bekom is, is in ‘n wisselende mate van sukses steeds in bedryf. Talle hiervan moes teen groot koste deur herkapitalisering van ondergang gered word.

Dr. Groenewald sê dié feite maak dit duidelik dat die ANC bloot om politieke gewin besig is met skadelike retoriek oor grondhervorming om die massas te mislei.

“Die VF Plus sal graag van die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming wil verneem presies hoeveel grond sedert 1994 in staatsbesit gekom het deur die grondhervormingsproses, hoe dit tot dusver benut is, en wat daarmee beoog word.

“Ons sal hierdie vrae ook amptelik in die parlement vra,” sê dr. Groenewald.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.