Wie is die VF Plus?

Suid-Afrika staan voor ‘n afgrond:

Ons word geteister deur misdaad, werkloosheid, korrupsie, diskriminasie en grondonteiening. 

Daar is wel hoop!

Wat is die oplossing?

1.       Verslaan die ANC met koalisiepolitiek;
2.       Stop beleide en wetgewing wat werkskepping belemmer;
3.       Stop rassediskriminasie;
4.       Stop regstellende aksie en Swart Ekonomiese Bemagtiging wat slegs op ras gegrond is;
5.       Implementeer moedertaalonderrig;
6.       Implementeer die beskerming van minderheidsregte en selfbeskikking;
7.       Behou private eiendomsreg.

Die VF Plus is jou waghond, veg vir jou regte en is ‘n toekomstige regeer-vennoot vir ‘n beter toekoms sonder die ANC. 

Die VF Plus is die tuiste van diegene wat:

  • in Christelike waardes glo;
  • glo misdaad moet daadwerklik aangespreek en korrupsie uitgeroei word;
  • streef na ekonomiese welvaart en vooruitgang;
  • trots is op hul identiteit en streef na die beskerming van hul kultuur, onderwys en waardes;
  • glo dat al 11 amptelike tale in Suid-Afrika gelyke bevordering moet geniet.

Het jy geweet?

  • Die VF Plus is die enigste party wat teen die nuwe strenger Swart Ekonomiese Bemagtigingswet gestem het (Parlement, Junie 2013);
  • Die VF Plus sê stop rassediskriminasie waar die ryk swart elite verder verryk word ten koste van arm Suid-Afrikaners;
  • Die VF Plus is die enigste party wat opstaan teen die ANC se propagandistiese leuens rondom die geskiedenis en grondbesit in  Suid-Afrika (Parlement, Februarie 2012);
  • Die VF Plus is die enigste party wat eis dat plaasaanvalle as ‘n prioriteitsmisdaad verklaar word;
  • Die VF Plus is die enigste party wat teen wetgewing en beleide wat werkskepping belemmer, opstaan;
  • Die VF Plus is die enigste party wat daadwerklike oplossings vir ‘n beter toekoms bied.

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!