Vuurwapenregte

Petisie - Vuurwapens

Die voorstel dat die besit van vuurwapens vir selfverdediging as kategorie geskrap moet word in die konsep Wysigingswetsontwerp op die Beheer van Vuurwapens, sal Suid-Afrikaanse burgers kwesbaar laat teen misdaad, en ‘n paradys skep vir misdadigers.

Met ‘n moordsyfer vyf keer hoër as die wêreldgemiddeld en die omvang van roof en plaasaanvalle, is dit noodsaaklik dat burgers vuurwapens moet kan besit om hulself te verdedig.

Die probleme in die polisie en die onvermoë om misdadigers suksesvol te vervolg, dien as bewys dat die staat nie die burgers behoorlik teen misdadigers kan beskerm nie. Hierdie voorstel is ‘n klap in die gesig van wettige vuurwapeneienaars en die burgery.

Indien die staat jou nie kan beskerm nie, het jy die volste reg om jou, jou gesin en jou besittings self te beskerm, insluitend deur die besit van ‘n vuurwapen ter selfverdediging. Dit is ook ‘n gemeenregtelike reg wat elkeen het.

Die regering moet ophou om homself te mislei deur die indruk te wil skep dat vuurwapens die oorsaak is van die hoë moordsyfer in Suid-Afrika. Hierdie bewering word deur die regering misbruik as rookskerm om sy eie onbevoegdheid te verbloem.

Die ontwapening van die burgery sal misdadigers bevoordeel en misdaad bevorder wat dramaties sal toeneem.

Teken die petisie hier 

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!