Dr Wynand Boshoff

Parlementslid en provinsiale leier in die Noord-Kaap

Dr. Wynand Boshoff is in Pretoria gebore waar hy in 1988 matrikuleer en in 1992 'n BA-graad in Afrikaans en Geskiedenis ontvang.

In 2004 voltooi hy 'n Magister in Volhoubare Landbou aan die Universiteit van die Vrystaat en in 2011 'n PhD in Opvoedkunde aan die Universiteit van Pretoria. Die tema van sy proefskrif is Indiensneembaarheid van Suksesvolle Matrikulante in die rigting Kurrikulumstudies en Instruksionele ontwerp.

Hy was opeenvolgend in die landbou en onderwys betrokke, voordat hy akademiese navorsing op 'n vryskutbasis vir instellings en individue doen. In 2016 word hy as raadslid tot die Sol Plaatje-munisipale raad verkies.

Dr. Boshoff se politieke betrokkenheid begin in 2011 as takvoorsitter van die VF Plus, nadat hy hom in matriek voorgeneem het om nooit aktief in die politiek betrokke te raak nie. Hy word voorsitter van die party se navorsingskomitee en in 2015 provinsiale leier in die Noord-Kaap. Hy is getroud en het vyf kinders.


Het jy dit interessant gevind? Deel dit!