Dr Pieter Groenewald

Nasionale Leier

Die leier van die VF Plus, dr. Pieter Groenewald, is ʼn deurwinterde politikus wat sedert 1988 as burgemeester gedien het, in 1989 parlementslid geword het en selfs twee jaar lank (1999 tot 2001) lid van die provinsiale wetgewer in Noordwes was om sodoende ervaring op al drie vlakke van regering op te doen.

Hy het ʼn B.Juris-regsgraad, ʼn nagraadse kwalifikasie in kommunikasiekunde, ʼn meestersgraad in bestuur en ontwikkeling en ʼn doktorsgraad in politieke studies. Die tema van sy proefskrif is die Suid-Afrikaanse Nasionale Kiesstelsel – ʼn Kritiese Ontleding en Alternatiewe.

Dr. Groenewald is tans ook die langsdienende lid van die parlement se portefeuljekomitee oor polisie.


Het jy dit interessant gevind? Deel dit!