Die voorsitter van die VF Plus, adv. Anton Alberts, is ʼn ervare politikus en regsgeleerde wat sedert 2007 as raadslid in Johannesburg gedien het en in 2009 parlementslid geword.
Sedert 2014 was hy die mees senior LP in die parlementêre portefeuljekomitee oor handel en nywerheid en het die komitee amptelik by verskeie internasionale kongresse verteenwoordig.
Sedert 2019 dien adv. Alberts as provinsiale wetgewerslid (LPW) en leier van die party in die Gautengse wetgewer wat aan hom ervaring op al drie vlakke van regering sal besorg.
Adv. Alberts het die volgende grade verwerf: B.A Regte, LL.B, LL.M (Internasionale Reg) (RAU/UJ), en ‘n M.Phil in Toekomsstudies (Stellenbosch). Hy het ook ‘n Kanadese LL.B verwerf in 2007. Hy is tans besig om sy doktorsgraad in internasionale reg aan die Universiteit van Kaapstad te voltooi.