Vote Declaration: Budget Vote – Basic Education / Stemverklaring: Begrotingstem – Basiese Onderwys

2018-05-25
Adv Anton Alberts

Speaker / Adjunk-Speaker,

Die minister moet kennis neem dat haar departement en provinsiale filiale is besig om die land in sy geheel, maar veral die kinders, te faal. Daar is sedert 1994 deur die ANC op ons leerders geëksperimenteer met verskillende opleidings-filosofieë, soos uitkoms-gebaseerde onderrig, wat reuse skade veroorsaak het. Vandag het ons leerders wat skool verlaat sonder om te kan tel, skryf en lees. Dit maak van die hoër slaagsyfers ‘n nasionale grap. Die ongeletterde kinders wat skool verlaat sonder hoop is ongelukkig ‘n nasionale tragedie. Minister, die ANC het die kinders van die land met minagting hanteer en ons hoop hulle onthou dit die dag wanneer hulle mag stem.

Die verdere tragedie is die skrikwekkend swak prestasie-uitkomste, ten spyte van die hemel-hoë begroting wat die nasionale departement en provinsiale departemente elke jaar ontvang! Die land se vlak van wiskunde en wetenskap-opleiding lê elke jaar op die laagste rangorde in die wêreld. Dit is ‘n nasionale skande!
Wat die skande nog groter maak is die ANC se openlike aanvalle op Afrikaanse skole en moedertaal-onderrig in die naam van toegang terwyl nuwe skole nie gebou word nie, ten spyte van die bestaan van ‘n begroting daarvoor.

Basiese onderrig in ons land is ‘n basiese skande.


Het jy dit interessant gevind? Deel dit!