Suksesse

Kan die VF Plus sukses behaal

Beslis! Die VF Plus behaal onder meer die volgende onlangse suksesse:

  • Transnet-pensioenarisse: Die grootste regseis in Suid-Afrikaanse geskiedenis word tans deur ‘n onafhanklike regspan gevoer namens verarmde pensioenarisse; 
  • Onderhandel kwytskelding van eiendomsbelasting vir persone bo 70 jaar in die Johannesburgse metro; 
  • Wen die hofsaak wat aan Suid-Afrikaanse burgers in die buiteland stemreg gee teen die ANC-regering; 
  • Stop die beplande instel van e-tol in Gauteng voor Kersfees 2012 en veg voort teen die instel van e-tol; 
  • Wen die saak wat “Kill the boer, Kill the farmer” tot haatspraak verklaar; 
  • Verseker in die parlement dat wit vrouens en gestremde persone ook in aanmerking kom vir bemagtiging en stry voort teen diskriminasie teen wit en bruin mans; 
  • Deur die leier se posisie as adjunkminister word die geproklameerde verandering van Pretoria se naam tydens Februarie 2010 teruggetrek (Parlement, 17 Februarie 2010).

 


Het jy dit interessant gevind? Deel dit!