Plan vir munisipaliteite

Die VF Plus se konkrete tienpunt-plan vir die verbetering van munisipale bestuur en dienslewering kan soos volg saamgevat word:

 

1. Stop die aanstellings van amptenare wat nie op meriete is nie en stel die beste persoon vir die werk aan – ongeag velkleur, stop rassediskriminasie en fokus so op ʼn beter toekoms vir almal.

2. Desentraliseer plaaslike regerings en wentel mag af na so na as moontlik aan die gemeenskap deur sub-rade en kleiner munisipaliteite.

3. Hef billike belastings en tariewe en stop onbillike verhogings.

4. Skep ʼn gunstige omgewing vir die privaatsektor om ekonomiese groei te stimuleer en volhoubare werksgeleenthede te skep – veral deur die skep van vryhandel-sones.

5. Tree as die magsbalans binne veelpartyregerings op en veg vir die regte van VF Plus-kiesers binne sodanige regerings.

6. Tree as effektiewe waghonde ten opsigte van wanbestuur, korrupsie en onbevoegdheid op en vervul ʼn dinamiese gestruktureerde opposisierol. Verseker deursigtigheid en verantwoordbaarheid deur genoegsame oorsig.

7. Stop die besoedeling van die omgewing. Prioritiseer infrastruktuurinstandhouding, voldoening aan toepaslike wetgewing en effektiewe polisiëring en bevorder ‘n kultuur van herwinning.

8. Stop die verlies aan water weens gebarste pype en lekkasies.

9. Beskerm erfenis en respekteer diversiteit. Stop die onnodige verandering van plek- en straatname en bevorder veeltaligheid.

10. Skep ‘n gesonde en veilige omgewing en bevorder goeie waardes.

 

Stop die verval – stem VF Plus!


Het jy dit interessant gevind? Deel dit!