Nuutste Nuus

Mosie van wantroue in Zuma verwelkom

2018-02-14
Die Redaksie

Die VF Plus verwelkom die feit dat daar eindelik finaliteit is oor die verwydering van pres. Jacob Zuma as staatspresident van Suid-Afrika deur ʼn mosie van wantroue wat môre sal plaasvind.

Die VF Plus-leier, Dr Pieter Groenewald, sê die aangeleentheid is onnodig uitgerek en die... Lees verder


​ Strafregtelike klag volg oor grootskaalse korrupsie in Matlosana (Klerksdorp)

2018-02-13
Die Redaksie

Die Matlosana-plaaslike munisipaliteit se 2016/2017-jaarverslag wat ten tyde van ʼn raadsvergadering ter tafel gelê is, is weereens ‘n bewys dat die ANC-regering nie daartoe in staat is om die munisipaliteit behoorlik te bestuur nie en dat daar grootskaalse knoeiery aan die gang is,... Lees verder


Gauteng moontlik die volgende Kaapstad wat water betref

2018-02-13
Die Redaksie

Gauteng gaan binnekort in die voetspore van Kaapstad volg as munisipaliteite in die provinsie nie dringend gaan ophou met die onnodige vermorsing van water nie, sê Philip van Staden, VF Plus-LPW vir Gauteng, na afloop van ‘n vergadering van die plaaslike regeringskomitee van die... Lees verder


Flou optrede teen Zuma dui op groot interne verdeeldheid in die ANC

2018-02-13
Die Redaksie

Die ANC se huiwering om kragdadig op te tree om van pres. Jacob Zuma ontslae te raak, dui op groot interne verdeeldheid in die regerende party en vrese van die ANC-leierskap dat die party kan skeur indien daar sterker teen die president opgetree word,” sê dr. Pieter Groenewald, leier... Lees verder


Zuma en ANC hou Suid-Afrika nou gyselaar

2018-02-12
Die Redaksie

President Jacob Zuma kan nie die ANC en die hele Suid-Afrika gyselaar hou deur daarop aan te dring dat sy regskostes betaal word en hy moontlike vrywaring teen vervolging kry nie, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Volgens dr. Groenewald doen die uitgerekte onderhandelinge oor... Lees verder


Dringende ingryping in Matjhabeng se finansies word geëis

2018-02-12
Die Redaksie

Eskom het ʼn kennisgewing uitgereik waarin inwoners gewaarsku word dat beurtkrag vanaf 23 Maart 2018 toegepas gaan word weens die munisipaliteit se versuim om sy reuse uitstaande skuld van R1.74 miljard aan die elektrisiteitsverskaffer te betaal.

"Die toekoms van die Matjhabeng-plaaslike... Lees verder


VF Plus veroordeel plaasaanvalle op Hekpoort

2018-02-12
Die Redaksie

Die VF Plus is bekommerd oor die veiligheid van inwoners in die landelike gebiede van Gauteng ná nog twee plaasaanvalle gisteraand op Hekpoort, sê Jaco Mulder, VF Plus leier in Gauteng.

In die eerste aanval is ‘n veiligheidswag aangeval maar die aanvallers het op vlug geslaan... Lees verder


Grondoudit: Regering besig met slenter om publiek te mislei

2018-02-12
Die Redaksie

Die gesloer van die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming om die jongste grondouditverslag van die regering openbaar te maak, is ʼn slenter om sekere feite van die publiek te weerhou in ʼn poging om die land oor die aangeleentheid te mislei, sê dr. Pieter Groenewald, leier... Lees verder


Dieperliggende redes vir plaasaanvalle in Suid-Afrika

2018-02-09
Dr. Wynand Boshoff

Die vlaag van plaasaanvalle in die Noord-Kaap laat die kollig val op gemoedere wat toenemend rondom grondbesit in Suid-Afrika opgejaag word, sê dr. Wynand Boshoff, Noord-Kaapse leier van die VF Plus.

Hy sê terwyl beter polisiëring en toenemende paraatheid die probleem kan verlig,... Lees verder


Vrede-Suiwel: OB maak van wolf skaapwagter

2018-02-09
Die Redaksie

Die Vrede-suiwelverslag wat vandag deur die Openbare Beskermer (OB) onder ʼn wolk van geheimhouding uitgereik is, bevestig dat die Vrystaatse departement van landbou en sy destydse LUR, Mosebenzi Zwane, hulself aan growwe nalatigheid en wanadministrasie skuldig gemaak het.  Daar is egter ʼn... Lees verder


« 1 2 ... 74 75 76 77 78 ... 106 107 »